Roman/Klankbaan



Roman nou te koop!

Roman is nou te koop by enige van die volgende aanlyn verkopers:

Tafelberg - http://www.tafelberg.com/Books/16135
Kalahari.com - http://www.kalahari.com/Books/Die-Pad-Na-Jou-Hart_p_47724383
Graffiti Boeke - http://www.graffitiboeke.co.za/index.php?page_id=book&book_id=16819


Roman

Pad Na Jou Hart is deur Francois Bloemhof in 'n roman verwerk en word op 20 November 2013 deur NB-uitgewers vrygestel.

François Bloemhof is die enigste skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Sy ander pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self die wenboeke aanwys.

Onder sy baanbrekerswerk (op wêreldwye vlak en nie bloot plaaslik nie) tel die eerste boek met ’n oorspronklike (selfgekomponeerde) CD-klankbaan, eerste boek met ’n eie rekenaar-speletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Voeg daarby die eerste/enigste Afrikaanse strokiesreeks en die heel eerste e-boek in Afrikaans. Verder het hy al tekste vir die verhoog (’n kabaret, drama en twee tienertoneelstukke) en radio (dramas en vervolgverhale) gelewer. Rolprentwerk is sy nuutste “tydverdryf”.

Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent, -joernalis en -samesteller. Hy was ook al verhaleredakteur by Sarie en boekeredakteur by Die Burger.

Sy jongste roman, ’n uitstekende verkoper, is Moord in die beloofde land.

Ten opsigte van Pad na jou hart sê hy:

“Ek het van die begin af waardering gehad vir my medewerkers se professionalisme. Die feit dat Ivan en Donnalee enduit tot die produk verbind was en ’n ‘fliekboek’ selde in Afrikaans verskyn, sou my reeds sterk laat oorweeg het om een te skryf wat op hulle storie gegrond is. Toe is daardie storie boonop lekker gebeurtenisryk en vol ontdekking en warmte.

“Die roman is op die draaiboek gebaseer en nie op die rolprent nie. Net soos wat die regisseur die draaiboek geïnterpreteer en verwerk het, kon ek ook. Daar is noodwendig heelparty verskille tussen rolprent en boek, ook in die dialoog. Waar die rolprent byvoorbeeld wen aan visuele indrukke en die stemming wat deur musiek geskep word, kon ek weer die karakters met gedagtes en motiverings uitbou. Ek het wel later na die eerste snit gekyk sodat ek stukkies detail asook die voorkoms van mens en plek kon bywerk.

“Dit was ’n aangename pad!”

Klankbaan

Die sanggroep ADAM maak 'n verskyning in Pad Na Jou Hart. As `n groep het hulle een oorspronklike liedjie geskryf vir die film en Joe Foster was verantwoordelik vir die tema-lied.Die klankbaan word einde Januarie 2014 vrygestel.

Adam

ADAM is `n 3-stuk ‘pop-rock’ groep wat bestaan uit Hugo Ludik, Reynhardt Hugo en Joe Foster. As `n groep het hulle bekendheid verwerf met liedjies soos ‘Kasteel,’ ‘Gebore om jou Lief Te He’ en ‘Superman.’ Hulle het `n liedjie, ‘Sal Oorlog vir jou Maak,’ vir Pad na jou Hart geskryf. Die groep sing die liedjie in een van die film se tonele.

Joe Foster

Joe is tot onlangs bekend as die blonde, blou-oog, treffer-lied skrywer van die groep, ADAM. Hy het onlangs besluit om sy vlerke te sprei en sy eie solo-loopbaan te begin. Hy doen so met sy debuut-album ‘Hartklank’ wat later in 2014 vrygestel sal word. Hy het ook die tema-lied vir die film ‘Pad na jou Hart’ geskryf.