Tshiamo Molobi - Lucky


Tshiamo is `n 10-jarige seun van Fourways. Nadat hy die kinder-akteur, Junior Singo, se spel in ‘Drum Beat’ gesien het, was hy gesinspireer om `n loopbaan as akteur te begin. Hy is dol oor die Iron Man-films en veral die hoofakteur, Robert Downey Junior. Pad na jou Hart was sy eerste rol in `n film en die ervaring het hom net aangespoor om sy loopbaan verder te vat. Hy is tans `n leerder by Bryandale Primary School.

Karakter - Lucky
Lucky is `n 10-jarige township-inwoner. Hy is `n karismatiese jong mannetjie wat sorg vir pittige sê-goed. Hy het `n kop vir besigheid en sien op sy jong ouderdom reeds `n geleentheid in elke situasie wat opduik. Hy besoek ook gereeld vir Thomas Ndlovu wat in dieselfde buurt bly.