Solomon Cupido - Pietie van Rensburg


Al is Solomon slegs vyf jaar in die filmbedryf het hy reeds 'n klomp films agter sy naam. In dié kort tydperk het hy al in agt rolprente verskyn.

Ons het hom leer ken as Kallie se komiese vriend in Karate Kallie in 2009. Daarna het hy in Bakgat 2 'n rol losgeslaan wat die begin van 'n lang pad met The Film Factory was.

Hy het sedertdien in Superhelde, Bakgat 3, Ek Joke Net 1 en 2 en die musiekblyspel, As Jy Sing, gespeel.
Solomon is in sy vrye tyd doenig met 'n teaterstuk genaamd Spyskriek en Dakskroef, waarin hy en sy Bakgat-medespeler, Bradley Oliver, die hoofrolle speel.

Karakter - Pietie van Rensburg
Pietie van Rensburg is die aangenome kind op die van Rensburg-plaas. Hy neem sy deel as `n van Rensburg baie ernstig op. Hy en sy boetie, Hendrik, kompeteer al ewig. Hy weet ook nie veel van meisies af nie en vergaap hom aan enige-een wat hy teëkom. Hy het ‘n abnormale liefde vir kettie skiet.