Francois Jacobs - Hendrik van Rensburg


Francois het sy graad in drama voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is nou vir sy derde jaar in die vermaaklikheidsbedryf en het al in verskeie films, drama-reekse en sepies gespeel; Dit sluit in Binneland, 7de Laan, Donkerland, Sterlopers en Agent 2000. Hy het ook in kykNET se 2013 Silwerskerm Filmfees deelgeneem waar hy as ververvaardiger vir die kortfilm ‘Damduikers, dié Damduikers’ opgetree het. Hy hoop om in die toekoms by nog baie meer projekte betrokke te raak, hetsy dit voor of agter die cameras.

Karakter - Hendrik van Rensburg
Hendrik van Rensburg is Basie en Magriet se enigste biologiese seun. `n Plaas-bulletjie uit en uit wat gereeld kragmeet teen sy aangenome broer, Pietie. Hy word nie aan baie meisies blootgestel nie en raak dus maklik opgewonde as daar iemand van die skoner geslag op die plaas aankom.