Lida Botha en Johan Botha - Ouma Poppie en Oupa Jan


Johan en Lida Botha is die goue-paartjie van die Suid-Afrikaanse kunste. Hulle het sedert die 1960s reeds in die vermaaklikheidsbedryf naam gemaak in programme en films soos ‘Die van Aardes van Grootoor,’ ‘Karnaval,’ ‘Nommer Asseblief,’ ‘Fiela se Kind’ en ‘Roepman.’ Hulle het ook onlangs in die suksesvolle TV-program, Oupa en Ouma, die hoofrolle vertolk. Die program is deur hul eie produksie-maatskappy, JohanLida Produksies, vervaardig.

Karakters - Ouma Poppie en Oupa Jan
Ouma Poppie en Oupa Jan is al jare lank getroud en is gewoonlik aan die hoof van alle jollige affêres by die aftree-oord waar hulle woon. Hulle hanteer almal soos familie en maak altyd tyd vir `n grappie. Oupa Jan sukkel om sy liefde vir Ouma Poppie weg te steek en flankeer gereeld met haar waaroor sy dan kamma-skaam kry. Dié twee is beslis ‘oud maar nog nie koud’ nie.