Wim Beukes - Basie van Rensburg


Kort nadat Wim sy Honneursgraad aan Noord-Wes Universiteit voltooi het, het hy onmiddellik sy passie vir toneel bevestig deur Noord-Wes Produksies te stig.
Dié toneelgeselskap het landwyd getoer moet produksies soos Kringe in die Bos, Hallo en Koebaai en Nagspel.

Op televisie het hy rolle vertolk in programme soos Song vir Katryn, Begeertes en Hart van Staal.
Hy het ook die rol van Poena se pa in die vollengte rolprentkomedie Poena is Koning gespeel. Deesdae werk hy voltyds by Rugget Products en deeltyds as akteur.

Karakter - Basie van Rensburg
Basie van Rensburg is `n veëboer in die Noord-Kaap. Hy is Basson senior se jonger broer. Anders as sy broer is hy `n mens vir die plaaslewe. Hy het nooit die behoefte gehad om stadwaarts te trek nie. Hy is `n kalm man wat groot waarde heg aan die familieplaas en die waardes wat sy pa by hom gekweek het.