Hélène Truter - Magriet van Rensburg


Hélène Truter het meer as 25 jaar se ondervinding in die teater-, film- en televisiebedryf. Sy is bekend vir haar rol as Tannie Poppie in die gewilde televisie komediereeks, Vetkoekpaleis.

Sy is benoem vir haar spel in programme soos Homeland, Oos Wes en Home Affairs. Sy het ook die rol van Sofia Kruger vertolk in die bekende sepie, Binnelanders.

Sy was in 2013 te sien as Hermientjie in die vollengte-rolprent, Klein Karoo.
Sy het pas die skryfwerk voltooi aan Swartwater, 'n televisiereeks, wat in 2014 op die kassie sal verskyn.

Karakter - Magriet van Rensburg
Magriet van Rensburg is `n boervrou en Basie se regterhand. Sy's nie op die bek geval nie en vat nie nonsiens van enige iemand nie. Sy raak vinnig opgeklits, maar kan ook net so vinnig haar liefde toon. Haar hande staan vir niks verkeerd nie en jy sal nooit honger by haar weggaan nie.