Carmin Coetzer - Lennon


Carmin is bekend vir haar rol as Marla in Rhythm City, Tenielle in Isidingo asook Kaylee Nienaber in Binnelanders.

Carmin het in 2004 as professionele aktrise haar buiging gemaak in Harry Kalmer se stuk Wie is Spek Harmse? waar sy teenoor Frank Opperman gespeel het.

Sy is tans te sien in die komedie Dorings en Rose deur Ben Kruger, asook die drama 'n Ander Tyd saam met Zane Meas. Carmin is op die oomblik besig met verfilming aan Villa Rosa.

Haar stem word gereeld gehoor in RSG se radiodramas. Toneelspel is haar eerste liefde, maar sy geniet ook skryf en regie en hoop om verder in diƩ areas te ontwikkel.

Haar groot versoekings in die lewe is vanielje-roomys, Wine Gums, malvalekkers en bome.
Sy droom daarvan om eendag 'n vollengte fliek te maak.

Karakter - Lennon
Lennon is Dawn se jong 'hippy' lewensmaat. Sy en Dawn het sorgvrye lewenswyse en is onskeibaar. Sy is kalm en eksentriek en klim vinnig in Amory en Basson se harte in.