Marcel van Heerden - Dawn


Marcel verskyn reeds 30 jaar in teater-, televisie-, radio- en filmproduksies en is dus een van Suid-Afrika se bekendste akteurs.

Hy het in 'n rits verhoogproduksies opgetree, onder meer Begeerte, The Crucible en Teerling.

Op televisie was hy te sien in dramas wat Onder Draai die Duiwel Rond, Konings en Donkerland insluit.

Hy het ook rolle vertolk in films soos Mapantsula, Verraaiers en die internasionale produksie, Long Walk to Freedom. Sy mees onlangse rol was in Durban Poison, wat aangewys is as die Beste Suid-Afrikaanse Film by die Durban Internasionale Filmfees in 2013.
Marcel verdien aansien vir sy vermoƫ om die rolle van protagoniste en antagoniste met dieselfde oortuiging te vertolk.

Karakter - Dawn
Dawn is `n 'hippy' in sy sestigs wat saam met sy jong lewensmaat, Lennon een oggend wakker geword alles verkoop het en die pad gevat het opsoek na die antwoorde van die lewe. Hulle is smoorverlief en saam versprei hulle die boodskap van liefde.