Franci Swanepoel - Gerda


Franci is al sedert 1980 in die vermaaklikheidsbedryf. Sy het haar loopbaan begin met televisieprogramme soos Koöperasiestories en het later gereeld in kykNET-produksies as aktrise verskyn.

Sy was die aanbieder van die gewilde feesprogram, Fiësta, waarvan sy ook vervaardiger is.

Sy was meer ook te sien in televisieprogramme soos Getroud met Rugby, Liefste Kayla en Donkerland.
Sy het onlangs groot lof ontvang vir haar spel in die vollengte-rolprent, Lien se Lankstaanskoene.

Karakter - Gerda
Gerda is Amory se ma. Die lewe het haar hard en somtyds onregverdig hanteer. Sy het nog altyd met die verkeerde mans betrokke geraak wat veroorsaak het dat sy haar dogter verloor het. Sy is onbeskryflik lief vir haar dogter en het wel ‘n intense behoefte om ‘n beter ma te wees en die verhouding met haar dogter te herstel.