Anton Dekker - Andre


Anton is 'n akteur en gewilde stemkunstenaar. Sy televisiewerk sluit in Trans Karoo, Sonkring, Egoli, 7de Laan en talle meer.

Anton se stem word dikwels oor die radio gehoor en hy word gereeld gebruik vir oorklankings. Hy besit sy eie klank-ateljee en beskik oor groot kennis van TV-oorklankings, radio-advertensies, dokumentĂȘre werke en klankboeke.

Hy het ook in noemenswaardige films verskyn, naamlik Boetie op Manoevers, The Fourth Reich, Hansie en Ordinary People. Anton is bekend vir sy diep, fluweelstem.

Karakter - Andre
Andre is Basson senior se regs-adviseur en vertroueling. Hy het `n lang pad gestap met die van Rensburgs en is bewus van die problematiese verhouding tussen Basson senior en Basson junior. Hy dra die familiebesigheid se belange op die hart en voer dus Basson senior so opdrag uit om Basson junior op `n lewensveranderende reis te stuur.