David James - Hein


David James is al jare lank in die vermaaklikheids-bedryf. Teater is sy groot liefde, maar hy speel ook gereeld in sepies, TV-reekse en films.

Ons ken hom van Isidingo, Binnelanders, Donkerland en veral Rhythm City, waarin hy die ‘baddie’, Hermanus Meyer, speel. Hy was die hoof-antagonis in die Oscar-benoemde wetenskapfiksie-rolprent, District 9, waarmee hy internasionale roem verwerf het.

Hy was onlangs in plaaslike films soos Ordinary People en Babalas. Hy verskyn binnekort in die kinderaksie-film, Agent 2000, asook Northmen.

Karakter - Hein
Hein is `n 'biker' met `n harde hand vir vroue. Hy het ‘n donker agenda en is op Basson en Amory se spoor. Hy gebruik maklik geweld om sy sin te bekom.