Bouwer Bosch - Dj Weetbix


Bouwer is bekend as die hoofsanger van die SAMA-genomineerde groep, Straatligkinders. Hy is ook deel van die suksesvolle Dans Dans Lisa musiek-duo.

Bouwer is tans deel van `n produksie maatskappy met die naam van ‘Bouwer Bosch Films.’ Hy het deur BBF meer as 20 musiek videos vervaardig. Bouwer se Youtube-kanaal is nommer 54 van die 100 mees-besoekte kanale van Suid-Afrika. Hy het sy filmdebut gemaak in ‘Klein Karoo’ en kort daarna was hy te sien in die mini-reeks, ‘Ligte Kamera Liefde’ sowel as die TV-drama reeks, Donkerland.

Karakter - DJ Weetbix
DJ Weetbix het saam met Basson van Rensburg gematrikileer en was die grapjas van die klas. Na skool het hy probeer om naam te maak in die musiekbedryf, maar na talle mislukkings het hy besluit om eerder `n platejoggie te word. Hy werk by skoolfunksies, verjaarsdag partytjies en troues en droom daarvan om die beste platejoggie in die land te word.