Marlee van der Merwe - Bartender


Marlee is `n bekende onder teatergangers. Sedert sy haar graad in drama aan Tshwane Universiteit van Tegnologie voltooi het, is sy feitlik onophoudelik betrokke by teater produksies. Sy het verskyn in Showboat, die internasionale musiekblyspel met Janice Honeyman as regisseur. Sy was ook in Born in the RSA en sy het as sangeres en danser in die Barnyard produksie, Celtic Rock, opgetree. The Full Monty val ook onder haar lys van musiekblyspelle waarin sy gespeel het. Sy het onlangs die hoofkarakter gespeel in die 50s-musiekblyspel, ‘Pretville.’

Karakter - Bartender
Dié sexy vrou werk as kroegdame by funksies soos skoolreunies, troues en verjaarsdag partytjies. By die funksies word daar gereeld vir haar drankies gekoop en met haar geflankeer, maar sy het hoë standaarde en sal tweekeer dink voordat sy saam met iemand huistoe gaan. Sy is gewoond daaraan om onder die mans te kan kies en keer.