Lelia Etsebeth - Ontvangsdame


Lelia Etsebeth is bekend vir haar rol as ‘Liezl’ in die ‘Bakgat’-trilogie. Sy het sedertdien ook verskyn in ‘Wolwedans in die Skemer’ en ‘Mollie en Wors.’ Op televisie was sy in die kykNET-reeks, ‘Donkerland’ te sien en sy het haar een-vrou verhoogstuk, ‘Bokkie Botha’ op die plank gebring by Aardklop Kunstefees. Wanneer sy nie toneel speel nie bied sy drama werkswinkels aan.

Karakter - Ontvangsdame
Die ontvangsdame by Vecto Petroleum is energiek en gretig om haar kollegas te beindruk- veral Basson van Rensburg junior. Sy word maklik omgepraat en sal enige iets doen om Basson junior se oog te vang.