Rina Nienaber - Matrone


Rina is 'n aktrise, regisseur, teksskrywer en stemkunstenaar. Sy was te sien in films soos Die Spaanse Vlieg, Witblits en Peach Brandy en Pretville.
Op televisie het sy rolle vertolk in enkeldramas soos Moeders en Dogters en Die Laaste van die Takhare.
Sy het ook in reekse soos Erfsondes en Getroud met Rugby gespeel. Vir laasgenoemde het sy 'n SAFTA-benoeming vir haar spel ontvang.

Sy was ook te sien in 'n verskeidenheid televisieprogramme, onder meer Moeggeploeg, waarvan sy ook die skrywer en vervaardiger was.

Rina sal altyd onthou word as die stem van Peter, die bokwagtertjie in die kindertelevisiereeks, Heidi.

Karakter - Matrone
Matrone is `n vrygewige, goedhartige vrou wat al vir jare lank by die aftree-oord werk. Sy ken almal wat by die oord bly en sal uit haar pad uit gaan om die lewe vir hulle lekker te maak. Alhoewel almal dol is oor haar, weet sy ook wanneer om haar voet neer te sit.