Kevin Smith - Dr Scholtz


Kevin Smith is bekend vir sy rol as Frank Xavier in die gewilde sepie, ‘Isidingo.’ Hy het ook in `n verskeidenheid films verskyn ondermeer ‘Jobman’ van Darrel Roodt waarin hy die hoofrol vertolk het en ook die laaste instelling van Quentin Tarentino se trilogie, ‘From Dusk Till Dawn.’ Buiten ‘Isidingo,’ het Kevin ook rolle gehad in programme soos ‘Getroud met Rugby,’ ‘Erfsondes’ en ‘Kruispad.’

Kevin het `n jaar in Los Angeles spandeer waartydens hy masseerterapie gestudeer het.

Karakter - Dokter Scholtz
Dokter Scholtz is `n kardioloog by Groote Schuur Hospitaal. Hy ken vir Basson senior al vandat sy hart kwale begin het. Hy is `n nederige, ernstige mens, maar weet ook hoe om sy pasiënte op hul gemak te laat voel. Hy sit die belange van sy pasiënte gereeld voor sy eie.